EKO-KLUB

Ons Eko-klub bied aan leerders die geleentheid om die wonder van die natuur te ontdek en ‘n liefde vir die omgewing te ontwikkel. Die klub kom een keer per kwartaal op ‘n Saterdag bymekaar. Leerders word hier deur praktiese aktiwiteite en ontdekkings bewus gemaak van die natuur en die bewaring van ons wêreld.

Spesifieke datums word nader aan die tyd bekend gemaak op die klasgroepe.

Meer oor die datums sal op die klas WhatsApp groepe gedeel word.

Koördineerders: Mareli Marais (Grondslagfase) Zelize Hanekom (Intermediêr-en senior fase)