SOMERSPORT

VIND PLAAS IN KWARTAAL 1 EN 4

Ons somersportprogram bied aan leerders die geleentheid om aktief te bly, nuwe vaardighede aan te leer en hul potensiaal te ontwikkel.

ATLETIEK

KRIEKET

Krieket is ‘n sport wat spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë bevorder. By Laerskool Vredenburg bied ons krieket vanaf o/11-vlak aan, waar leerders die geleentheid kry om hul vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir die spel te kweek.

Ons spanne neem deel aan die plaaslike Weskusliga, waar hulle teen skole uit die omliggende gemeenskappe meeding. Deur gereelde wedstryde en toegewyde afrigting ontwikkel ons spelers nie net as krieketspelers nie, maar ook as sportmanne wat respek, samewerking en sportmangees uitleef.

Koördineerder: André van Zyl

MINI-KRIEKET

SWEM

By Laerskool Vredenburg is ons trots op ons eie half-olimpiese swembad, wat uitstekende geleenthede bied vir opleiding, ontwikkeling en deelname. Ons swemgeriewe word deur ons swemmers, tweekampatlete en MBK (Menslike Bewegingskunde)-klasse gebruik, wat verseker dat leerders deur die jaar optimaal van hierdie fasiliteit kan baat.

Ons bied jaarliks twee groot galas aan waaraan meer as tien skole deelneem. Hierdie byeenkomste bied aan ons swemmers die geleentheid om hul talent te ontwikkel, ervaring op te doen en met selfvertroue op ‘n mededingende vlak deel te neem.

Koördineerder: Francois Langenhoven

TENNIS

Laerskool Vredenburg beskik oor drie tennisbane wat in 2019 volledig opgegradeer is. Hierdie uitstekende fasiliteite bied aan ons leerders die ideale omgewing om hul vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir die sport te kweek.

Gedurende die somermaande oefen ons junior- en seniorgroepe gereeld onder die leiding van toegewyde afrigters.

Koördineerder: Liané Wiehahn

TWEEKAMP

Ons trotseer op ‘n sterk tweekampprogram waar talent, deursettingsvermoë en toewyding hand aan hand gaan. Met die leiding van ervare afrigters – waar nasionale afrigters ook deel van ons opvoederspan is – ontvang ons leerders opleiding van ‘n besondere hoë standaard.

Ons tweekampatlete presteer gereeld op provinsiale en nasionale vlak en kry die geleentheid om aan toonaangewende byeenkomste regoor die land deel te neem.

Koördineerder: Francois Langehnhoven