5-6 Jaar
By Graad R skep ons ‘n veilige en gelukkige omgewing waar elke kind deur spel en ontdekking kan leer, groei en ontwikkel. Met liefdevolle begeleiding en ‘n holistiese benadering bou ons selfvertroue, sosiale vaardighede en akademiese gereedheid sodat elke leerder met selfstandigheid en entoesiasme Graad 1 kan aandurf.
Ons toegewyde opvoeders, saam met die ondersteuning van verskeie kundiges, help om die beste moontlike grondslag vir elke kind se toekoms te lê.
Skoolure: 07:45 – 13:00
OPEDAG 2027
Opedag 2027 vind plaas op …
AANSOEKE VIR TOELATING IN 2028
Gr.R aansoeke vir 2028 vanaf Maart aanlyn by die WKOD