Die huidige skool bestaan uit meer as ‘n 1000 leerders onder die bekwame leiding van 60 fenominale onderwysers en ondersteuningspersoneel. Ons is ‘n parallelmedium skool wat Afrikaans en Engels as Huistaal aanbied.
Die standaard van ons skool se akademie is ons eerste prioriteit. Die bestuurstruktuur en onderrigprogram is so ontwerp dat elke leerling ten beste daarby baat vind en dat die vlak van onderrig verseker dat ons op die hoë standaarde van ons trotse verlede voort bou.
Hier by Laerskool Vredenburg streef onsnnie net om ons leerders te leer nie, maar om hulle ook holisties te ontwikkel. Ons skool bied vele kulturuele en sportgeleenthede aan.
Ons leuse motiveer elke leerder om elke dag sy/haar beste te lewer
Ons is verbind tot uitnemende onderwys met morele waardes en beginsels sodat elke leerder holisties ontwikkel
SELFVERTROUE
Ek is uniek!
RESPEK
Vir ander en
vir myself!
INTEGRITEIT
My woord is
my eer!
VOORTREFLIKHEID
Elke dag my
beste gee!
BETROKKENHEID
Omgee vir my
medemens
en omgewing!