KULTUUR

By Laerskool Vredenburg kry leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit en talente deur kuns, musiek en kultuuraktiwiteite te ontwikkel. Ons moedig deelname aan kunsprojekte, musiekuitvoerings en verskeie kulturele geleenthede aan, waar elke leerder hulself met selfvertroue kan uitdruk. Leerders neem ook jaarliks aan eisteddfods deel, waar hulle hul vaardighede ten toon stel en waardevolle ervaring opdoen.

MUSIEK

KUNS

Kuns bied aan leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit, verbeelding en artistieke vaardighede te ontwikkel. Leerders van Graad 3 – 7 kry elke week ‘n kunsperiode van ‘n uur. Ons leerders neem jaarliks aan eisteddfods deel, waar hulle hul kunswerke met trots ten toon stel en waardevolle ervaring opdoen. Vir leerders met ‘n besondere belangstelling en talent in kuns word ‘n Kunsklub ná skool aangebied, waar geselekteerde leerders uit elke graad die geleentheid kry om hul eisteddfod-inskrywings verder te ontwikkel en te verfyn.

Mev. Elma Franzsen

EISTEDDFOD

KOOR

LSV beskik oor ‘n Juniorkoor vir Graad 1 tot 3 en ‘n Seniorkoor vir Graad 4 tot 7. Albei kore neem jaarliks aan die Eisteddfod deel en oefen deur die jaar om hul beste tydens die optredes in Augustus te lewer.

Die Juniorkoor oefen gedurende skooltyd, terwyl die Seniorkoor twee keer per week voor skool bymekaarkom. Benewens gereelde oefeninge woon die Seniorkoor ook werkswinkels by waar leerders hul sangtegniek verder ontwikkel en verfyn.

Juniorkoor afrigter: Mev. Liezl Nel

Seniorkoor afrigter: Mev. June de Kock