VIND PLAAS IN KWARTAAL 1 EN 4
Ons somersportprogram bied aan leerders die geleentheid om aktief te bly, nuwe vaardighede aan te leer en hul potensiaal te ontwikkel.
Atletiek is een van Laerskool Vredenburg se trotse sporttradisies. Deur toegewyde afrigting, harde werk en deursettingsvermoë ontwikkel ons atlete hul talente en presteer hulle jaarliks op ‘n hoë vlak.
Ons neem deel aan verskeie plaaslike, provinsiale en nasionale atletiekbyeenkomste, waaronder die Weskus-, Saldanhabaai-, Wes-Boland-, Boland- en Wes-Kaap Kampioenskappe, asook die Cherrylane-Gericke Atletiekbyeenkoms, die Bredasdorp Top 10 en die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Ons is trots op ons afrigters se betrokkenheid by atletiek op bestuursvlak en op oudleerders soos Gezelle Magerman, wat steeds ‘n inspirasie vir ons jong atlete is. By Laerskool Vredenburg bou ons nie net kampioene op die baan nie, maar ook jongmense met karakter, dissipline en deursettingsvermoë.
Koördineerders: Henriko van Heerden
Krieket is ‘n sport wat spanwerk, dissipline en deursettingsvermoë bevorder. By Laerskool Vredenburg bied ons krieket vanaf o/11-vlak aan, waar leerders die geleentheid kry om hul vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir die spel te kweek.
Ons spanne neem deel aan die plaaslike Weskusliga, waar hulle teen skole uit die omliggende gemeenskappe meeding. Deur gereelde wedstryde en toegewyde afrigting ontwikkel ons spelers nie net as krieketspelers nie, maar ook as sportmanne wat respek, samewerking en sportmangees uitleef.
Koördineerder: André van Zyl
Ons jongste krieketentoesiaste kry reeds vanaf die ouderdom van sewe jaar die geleentheid om hul eerste treë op die krieketveld te gee. Mini-krieket fokus op die ontwikkeling van basiese vaardighede, spanwerk en ‘n liefde vir die spel in ‘n prettige en ondersteunende omgewing.
Ons mini-krieketspanne neem deel aan die plaaslike KFC Mini-krieketliga, waar leerders waardevolle wedstrydervaring opdoen en die ware gees van sport ervaar.
Koördineerder: Mari Sinclair
By Laerskool Vredenburg is ons trots op ons eie half-olimpiese swembad, wat uitstekende geleenthede bied vir opleiding, ontwikkeling en deelname. Ons swemgeriewe word deur ons swemmers, tweekampatlete en MBK (Menslike Bewegingskunde)-klasse gebruik, wat verseker dat leerders deur die jaar optimaal van hierdie fasiliteit kan baat.
Ons bied jaarliks twee groot galas aan waaraan meer as tien skole deelneem. Hierdie byeenkomste bied aan ons swemmers die geleentheid om hul talent te ontwikkel, ervaring op te doen en met selfvertroue op ‘n mededingende vlak deel te neem.
Koördineerder: Francois Langenhoven
Laerskool Vredenburg beskik oor drie tennisbane wat in 2019 volledig opgegradeer is. Hierdie uitstekende fasiliteite bied aan ons leerders die ideale omgewing om hul vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir die sport te kweek.
Gedurende die somermaande oefen ons junior- en seniorgroepe gereeld onder die leiding van toegewyde afrigters.
Koördineerder: Liané Wiehahn
Ons trotseer op ‘n sterk tweekampprogram waar talent, deursettingsvermoë en toewyding hand aan hand gaan. Met die leiding van ervare afrigters – waar nasionale afrigters ook deel van ons opvoederspan is – ontvang ons leerders opleiding van ‘n besondere hoë standaard.
Ons tweekampatlete presteer gereeld op provinsiale en nasionale vlak en kry die geleentheid om aan toonaangewende byeenkomste regoor die land deel te neem.
Koördineerder: Francois Langehnhoven