Skoolgebaseerde Ondersteuningspan
By Laerskool Vredenburg glo ons dat elke leerder die vermoë het om sukses te behaal wanneer hy of sy die regte ondersteuning ontvang. Ons SGOS-program bied doelgerigte ondersteuning aan leerders wat leer- of ontwikkelingshindernisse ervaar, sodat elke kind die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Ons werk nou saam met opvoeders, ouers en ondersteuningsdienste om leerders se individuele behoeftes vroegtydig te identifiseer en gepaste ondersteuning te bied. Deur geduld, begrip en doelgerigte begeleiding help ons leerders om selfvertroue te ontwikkel, uitdagings te oorkom en met groter sukses aan die skoolprogram deel te neem.
Ons strewe daarna om ‘n inklusiewe skoolgemeenskap te wees waar elke leerder aanvaar, raakgesien en aangemoedig word om te groei – akademies, sosiaal en emosioneel. Ons glo dat elke kind uniek is en verdien om die geleentheid te hê om met selfvertroue te leer, te ontwikkel en te floreer.