Graad 4 | Graad 5 | Graad 6 | Graad 7
In die Intermediêre- en Senior Fase word leerders aangemoedig om krities te dink, nuwe uitdagings met selfvertroue aan te pak en ‘n liefde vir leer te ontwikkel. Ons streef daarna om elke leerder se unieke potensiaal te ontsluit deur gehalte-onderrig, doelgerigte begeleiding en ‘n waardegedrewe benadering tot opvoeding.
Hier word die akademiese grondslag verder bevorder terwyl leerders die kennis, vaardighede en karakter ontwikkel wat hulle voorberei vir hoërskool en die lewe daarbuite. Deurlopende assessering verseker dat vordering deur die jaar noukeurig gemonitor word, sodat opvoeders, ouers en leerders saam kan werk om elke kind se groei en ontwikkeling te ondersteun. Kwartaallikse verslae en oueraande bied waardevolle geleenthede om terugvoer te gee en doelwitte vir verdere ontwikkeling te bespreek.
Skoolure:
Graad 4-7
Ma-Do: 07:45 -14:15
Vry: 07:45-13:30
Ons bied ‘n omvattende akademiese program wat leerders toerus met die kennis en vaardighede om in ‘n voortdurend veranderende wêreld te floreer.
Graad 4 – 7
Huistaal
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Lewensvaardighede
Kuns en Kultuur
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) ( slegs Graad 7)
Tegnologie ( slegs Graad 7)