OOV

Die ouer-onderwyservereniging (OOV) van Laerskool Vredenburg bestaan uit getroue ouers wat met toewyding en entoesiasme hul tyd en talente gee om ons skool te ondersteun. Hul betrokkenheid help om fondse in te samel waarmee ons projekte loots om ons leerders die beste leeromgewing te bied. Ons waardeer elke OOV-lid se bereidwilligheid om saam te bou aan ‘n skool waar elke kind kan groei en floreer.

LEDE EN VERTEENWOORDIGERS
Maryné Chapman (Onderwyser), Therina de Bruin (Onderwyser), Malene Nieuwoudt (Voorsitter), Anli de Wet, Yolandi Louw, Anja Thiart, Madri van Niekerk, Anje van Lill & Chantal Lennox

Hoogtepunte van ons OOV se fondsinsamelings en geleenthede sluit die Musiekpret-aand, Bingo-aand, Potjiekoskompetisie en ons jaarlikse lootjieprojek in. Die fondse van hierdie insamelings gee Laerskool Vredenburg die geleentheid om terug te ploeg in ons leerders se opvoeding. Indien u gewillig is om betrokke te raak of op enige ander wyse wil bydra, vul gerus die vorm in. Daar sal met u kontak gemaak word.

Raak betrokke