Laerskool Vredenburg beskik oor ‘n dinamiese, energieke personeel wat 100% toegewyd is tot u kind.
Ons liefde vir kinders, asook respek vir mekaar, maak ons ‘n span wat ongelooflik goed kan saamwerk. Dit sluit die Grondslagfase, Intermediêre- en Senior fase, kultuur en administratiewe personeel sowel as terreinwerkers in.