WAT IS NUUS ?

Welkom by Laerskool Vredenburg se nuusblad.

Bly op hoogte van die jongste nuus en nuusbriewe.

Laai 2026 omsendbriewe af

KWARTAAL 3

KWARTAAL 4

KONSERT 2026-
INNI SKOOL

Op 22 en 23 Junie 2026 het LSV se onderwysers hulle alledaagse rolle in die klaskamer verruil vir dié van akteurs en komediante. INNI SKOOL was ‘n skreeusnaakse produksie wat die gehoor van begin tot einde laat lag het. Elke persooneellid van Laerskool Vredenburg het deelgeneem – van die finansiële beampte tot die terreinwerkers!

Sportbyeenkomste, kultuuraktiwiteite, eksamens en spesiale geleenthede – ons jaarprogram help ouers en leerders om op hoogte te bly van alles wat deur die jaar plaasvind.

ONS HOOGTEPUNTE ELKE JAAR

COLOUR RUN 2025

Ons kwartaal 3 colour run is vir onderwysers en leerders ‘n dag van groot opwinding, pret, lag en vuil word! Hier kry leerders die kans om net weer bietjie kind te wees terwyl hulle ‘n roete op ons sportvelde hardloop.

KERMIS 2026

Ons Kermis was ’n heerlike familiedag vol lag, pret en goeie geselskap!

Kinders het die dag terdeë geniet met hope aktiwiteite en vermaak, terwyl daar ook genoeg lekker eetgoed vir honger magies was.

KLEURE SPORT 2026

2026 se kleure atletiek was een vir die boeke! Baie geluk aan die BLOU SPAN wat as oorwinnaars van die dag gekroon is. Baie dankie aan elke leerder wat met trots, deursettingsvermoë en spangees aan die byeenkoms deelgeneem het. Opregte dank aan elke ouer vir julle ondersteuning en aanmoediging. 

Ons 2025- KONSERT was ‘n groot sukses! Leerders van Graad R tot Graad 7 het deelgeneem aan ons opwindende tema, “Om die Wêreld”.

Elke graad het die gehoor na ‘n ander land geneem met kleurvolle kostuums, musiek en danse. Die reis het geëindig in ons eie geliefde Suid-Afrika, want daar is niks beter as HUIS! 

LAERSKOOL VREDENBURG VERBETERINGE

Ons skool belê voortdurend daarin om ‘n veilige, moderne en inspirerende leeromgewing vir elke leerder te skep.

  • 2025 – personeelkamer kry ‘n nuwe baadjie geborg deur die OOV
  • 2026 – buitebraai aangebou langs die snoepie
  • 2026 Junie vakansie – Graad 1 – 5 badkamers word spoggerig opgegradeer
  • Die tuin in die middel van die skool word weer omskep in rus plek.
  • ń Tennis muur is opgerig tussen die Laer- en Hoërskool