LAERSKOOL VREDENBURG SE GESKIEDENIS

Die eerste skool op ons dorp was eintlik ‘n plaasskooltjie en is in 1880 gestig. Daar was ‘n skoolhoof en een onderwyseres en die leerders het nie ‘n skooluniform gedra nie. In 1923 is die eerste hoërskool op Vredenburg gestig. Mnr. J. P. A. Lochner was die eerste skoolhoof van hierdie skool. Die hele skool was van Graad 1 tot Graad 12. Daar was nie ‘n saal gewees nie en die leerders het bymekaargekom waar die tuintjie vandag is. Daar is vandag ‘n gedenksteen van marmer teen die mediasentrum se muur vir Mnr. Lochner se toegewyde diens aan kinders en die gemeenskap.

Uitknipsels van 1971 se prysuitdeling

Die laaste jaar voordat die hoër- en laerskool geskei is, was die prysuitdeling gehou om 2 Desember 1971.

Voorbeeld van wyle Mnr. Willa Verster se handskrif

Vir diegene wat ooit gedink het dat 'n dokter dalk nie 'n leesbare skrif het nie, sien die volgende voorbeelde van mnr. Verster se handskrif.

Die oorspronklike aanstellingsbrief van wyle Mnr. Willa Verster

Dit is bitter min dat mens steeds in die argiewe kan krap en die heel eerste skoolhoof se aanstellingsbrief kan opspoor. Lees gerus!

'n Voorbeeld van die 1996 Kwarteltjie

Die kwarteltjie was die skoolkoerant van die laerskool. Die naam het mettertyd verander na die Windmakertjie. As jy mooi lees sal jy selfs iemand bekend sien!

Die laerskool en hoërskool word van mekaar geskei.

In 1972 het Graad 8 tot Graad 12 na ‘n nuwe gebou langsaan getrek. Die Laerskool Vredenburg en Hoërskool Vredenburg was nou twee aparte skole met elkeen sy eie skoolhoof. Mnr. W. C. Verster was die eerste skoolhoof van hierdie laerskool. Omdat hy so ‘n uitstaande skoolhoof, leier en opvoeder was, is ons skoolsaal later na hom vernoem.

Die Tydlyn van ons skool

1880

Eerste Regeringskool begin met 5 leerlinge.

1918

Die skool is gesluit weens a griep epidemie.

1923

Verander na Hoërskool Vredenburg (gr. 1 – gr. 12)

1932

Prof. Blommaert ontwerp die Skoolwapen.

C.J. Langenhoven verander die leuse na die huidige.

1946

Die eerste busdiens van Flaminkvlei.

1949

J.P.A. Lochner skryf en toonset die Skoollied.

1961

Skoolgebou word herbou.

1969

Fondasie vir die nuwe Hoërskool word gelê.

1971

Skeiding van Laer- en Hoërskool met 960 leerlinge.

1972

Nou is daar 2 skole… `n Laerskool en `n Hoërskool.

Skoolfooie was R3 per leerder per kwartaal.

1974 – 1976

Aangesien die seuns van die laerskool- en hoërskoolrugbyspanne almal op

die huidige klein rugbyveldjie moes oefen, het ouers en leerders graspolle

skool toe gebring en is die huidige rugbyvelde deur harde werk ontwikkel.

Die Sishen-Saldanha Projek is begin.  Daar is `n groot toevloei van nuwe leerders – almal met vreemde tale en kulture.

1978

Die gange by die Graad 1- en 2- klasse word toegebou. (dit was eers stoepe)

Die huidige tuintjie tussen daardie klasse was `n teerblad waar provinsiale

dwergtennistoernooie aangebied is. 

In 1978 word hierdie teerblad deur die leerders self opgekap om plek te maak vir `n pragtige tuin wat deur een van die ouers uitgelê is.  In hierdie tyd word die biblioteek ook gebou.

1980

Die swembad word ingerig teen `n koste van R118 000.

1986

Die sportklub word gebou en kry die naam van Mooimeisiesfontein.

Mooimeisies was `n vissersboot van St Helenabaai wat gesink het.

Die naambord en stuur word aan die Laerskool geskenk en kry `n laaste

rusplek in die nuwe sportklubhuis.

1988

Die geboue word gemoderniseer – kantore en mediasentrum word voltooi. 

`n Rekenaarklas word geskep. `n Eerste vir die platteland!

1994

Die Gr. 4/5 skuif na `n nuwe gebou (vandag bekend as C-Max).

1996

Mnr. W.C. Verster tree af en Mnr. A. Müller is die nuwe skoolhoof.

Daar is ‘n 1000 leerders in die skool.

1999

Voorportaal word verander en die kombuis kry `n nuwe baadjie.

Tennisbane word opgegradeer.

2003

Die swembad kry `n splinternuwe glasveselbodem.

2005

Ons kry `n nuwe snoepie Pokkelpensie.

Nuwe sportkleedkamers word gebou.

2006

Ons samel R250 000 in met `n wynveiling en in 2007 kon die lint geknip word van `n splinternuwe rekenaarsentrum!

Groot opgraderings aan ons netbalbane en krieketfasiliteite volg.

2007

Ons skool word nuut omhein waarop ons baie trots is.

2008

Paviljoene word vergroot en mobiele paviljoene sien ook die lig.

2010

Die graad 3-klasse trek in hulle splinternuwe gebou in.

2011

Nuwe sonskerms voor vensters is `n “koel” aanwins!

2012

Veranderinge aan “Mooimeisiesfontein”, ons sportklubhuis, begin.

2017

Die skoolatletiek word afgestel en geen swem word toegelaat, a.g.v. die droogte.

2018

Nuwe dataprojektors word in klasse installeer.

Tennisbane se oppervlakte en opgraderings (R1,3 miljoen)

Skootrekenaars en dataprojektors word in die hele skool gebruik.

2019

WKOD installeer optiese vesel as WCGSCHOOLS program.

WKOD infrastruktuur opgradering:

–       Alle vensters voor die skool

–       Nuwe toilette, urinale en wegvoerpype

2020

Verf van skoolgebou na opgradering (R290,000)

Addisionele elektrisiteitsaanleg vir kantore.

2022

Skool vier 50 jaar bestaan.

Gala-aand word gehou op 11 Junie 2022 – Togryersvlei.

Mnr. en mev. Müller tree af in Junie 2022