Laerskool Vredenburg bied vele kulturuele aktiwiteite aan. Een van ons grootste prestasies op ‘n jaarlikse basis is die Wes-Boland Eisteddfod, waar ons leerders jaarliks talle trofees en sertifikate invorder om ons skool die wisseltrofee te wen – wat ons al die afgelope 17 jaar in ‘n ry wen. 

Die skool bied ook die volgende aan:

  •  Juniorkoor
  •  Seniorkoor
  •  Slagorkes
  •  Kitaar
  •  Klavier
  •  Blokfluit
  •  Spreekkoor
  •  Solosang
  •  Sang met begeleiding

KykNET Uitblinkers het ons skool besoek in 2018

 
 

KykNET Uitblinkers het ons skool besoek en ons kon ‘n bietjie spog met Laerskool Vredenburg. 

In die proses en dieselfde jaar wat hulle ons besoek het, het ons  Senior- en Juniorkore deelgeneem aan die Sing in Harmonie kompetisie en met ‘n derde plek terug huistoe gekom!

Die sangeres Nadine het ook besluit om saam met ons kore ‘n opname te doen.