Selfvertroue – Ek is uniek! Respek – Vir ander en myself. Integriteit – My woord is my eer. Voortreflikheid – Elke dag my beste. Betrokkenheid – Omgee vir my medemens.
Ons leuse
Ons leuse motiveer elke leerder om sy/haar beste elke dag te lewer.
Ons visie
Laerskool Vredenburg is verbind tot uitnemende onderwys met morele waardes en beginsels sodat elke leerder holisties ontwikkel.
Heraldiese Beskrywing
1. Voorstelling
Die hoofkomponent van die omgewing waarin die Vredeburgse gemeenskap se skool geplant is en hom voed, naamlik die see en saaiboerdery. Daarom die kleure blou en goud.
2. Simboliek
(a) Die drie geelrype koringgerwe simboliseer die volmaakte wasdom wat uit groei voorkom. Groei kan net volmaakte wasdom bring wanneer dit gebalanseerd en gereeld of gedissiplineerd beoefen word.
(b) Die blou see met branders en die karveel simboliseer welvaart – veral geestelike welvaart.
3. Leuse
Wanneer groei korrek en gebalanseerd plaasvind, kom volmaakte wasdom en veroorsaak geestelike welvaart, waaruit bevrediging en vreugde voorvloei – soos in die leuse saamgevat: