INTERMEDIÊRE & SENIOR FASE
Die standaard van ons skool se akademie is ons eerste prioriteit. Die bestuurstruktuur en onderrigprogram is so ontwerp dat elke leerling ten beste daarby baat vind en dat die vlak van onderrig verseker dat ons op die hoë standaarde van ons trotse verlede voort bou.
Die assesseringsbeleid van die skool beklemtoon laasgenoemde deur middel van die volgende uiteensetting:
Die doel van die assesseringsbeleid is om bystand te verleen vir die ontwikkeling, organisering, strukturering en toepassing van ‘n assesseringsprogram.
Assessering word gebruik vir individuele groei, ontwikkeling en bevordering.
Die doel van assessering word saamgevat met die volgende wyses of tipes van assessering: basislyn-assessering, diagnostiese assessering, vormingsassessering, sommerende assessering en sistemiese assessering.
Assessering vind deurlopend plaas en sluit in praktiese werk, geskrewe werk, toetse / eksamens, navorsing en enige ander gegewe taak.
In HUISTAAL word hoofsaaklik op die volgende areas gefokus:
- Luister en praat
- Lees en kyk
- Taalstrukture en -konvensies
- Skryf en aanbied
Languages serve a variety of purposes, which are reflected in the Languages Learning Area Statement.
Skills and focus areas :
- Listen and speak
- Read and view
- Write and present
- Language structures and conventions
- Spelling
- Words and sentences
- Vocabulary in context
Die unieke kenmerke van die leer en onderrig van Wiskunde sluit die volgende TEMAS in:
- Tel, rangskik en vergelyk
- Getalsinne
- Eksponente
- Optel en aftrek
- Gewone breuke
- Tyd
- Eienskappe van 2D vorms en 3D voorwerpe
- Datahantering
- Numeriese patrone
- Vermenigvuldiging
- Meetkundige patrone
- Simmetrie
- Deling
- Desimale breuke
- Kapasiteit en volume
- Transformasies
- Waarskynlikheid
- Desimale Breuke
- Algebraïese vergelykings en uitdrukkings
- Grafieke
- Persentasies
Die onderrig en leer van wetenskap sluit die ontwikkeling van ‘n reeks prosesvaardighede in wat in die alledaagse lewe, in die gemeenskap en in die werkplek gebruik kan word. Hulle ontwikkel die vermoë om objektief te dink en ‘n verskeidenheid redeneervorme te gebruik, terwyl hulle vaardighede ontwikkel om te ondersoek, na te dink, te ontleed, te sintetiseer en te kommunikeer. In dié leerarea word 4 hoof inhoudsvelde bestudeer:
- Lewe en lewende dinge en strukture
- Materie en materiale en verwerking
- Energie en verandering en stelsels en beheer
- Planeet aarde en die ruimte en stelsels en beheer
Die Sosiale Wetenskappe-leerarea bestudeer verhoudings tussen mense, asook tussen mense en die omgewing. Hierdie verhoudings verskil oor tyd en plek heen. Dit word ook deur die maatskaplike, politieke, ekonomiese en omgewingskonteks, en deur mense se waardes, houdings en oortuigings beïnvloed. Die begrippe, vaardighede en prosesse van Geskiedenis en Aardrykskunde is kern elemente van die Sosiale Wetenskappe-leerarea in die skoolkurrikulum.
Fokusareas:
Aardrykskunde
- Kaartvaardighede
- Handel
- Klimaat en plantegroei oor die wêreld heen
- Bevolking
- Natuurrampe
- Hulpbronne
Geskiedenis
- Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika
- Ontdekkersreisigers uit Europa vind Suider- Afrika
- Demografie en burgerskap
- Medisyne deur die jare
- Slawehandel
Kuns en Kultuur het die volgende ten doel:
- Stel leerders bloot aan en bied ervaring in dans, drama, musiek, visuele kunste, (kuns) handwerk, ontwerp, media en kommunikasie, kunsbestuur, kunstegnologie en erfenis;
- Ontwikkel skeppende en innoverende individue as verantwoordelike landsburgers volgens die waardes van demokrasie soos dit in die Grondwet van Suid-Afrika tot uiting kom;
- Kuns en kultuur as deel van die regstelling van historiese wanbalanse;
- Ontwikkel ‘n bewustheid van nasionale kultuur, ter bevordering van nasiebou;
- Vestig, ontwikkel en bevorder die kreatiwiteit van Suid-Afrikaners as ‘n ryk en produktiewe bron;
- Bied deur middel van kuns en kultuur aan leerders geleenthede om bruikbare vaardighede, kennis, houdings en waardes te ontwikkel wat hulle op die lewe en lewenslange leer voorberei;
- Ontwikkel ‘n begrip vir die kunste as simboliese taal.
Daar is dus 4 dissiplines in die leerarea saamgevat:
- Visuele kunste
- Dans
- Drama
- Musiek
Fokusareas :
- Skepping, interpretasie en aanbieding
- Besinning
- Deelname en samewerking
- Uitdrukking en kommunikasie
Fokus op :
- Basiese ekonomiese geletterdheid en bemagtiging;
- Die uitwerking van hulpbronbestuur op gemeenskappe
- Die regte en verantwoordelikhede van huishoudings, die sakewêreld en die staat as deelnemers aan die ekonomie;
- Die verband tussen verskillende omgewings (die maatskaplike, politieke, natuurlike, en ekonomiese omgewing);
- Die rol van die plaaslike regering;
- Openbare en private eienaarskap van eiendom;
- Die primêre, sekondêre en tersiêre sektor se ekonomiese rol in die bevordering van groei en ontwikkeling en in werkskepping;
- Die geskiedenis van ekonomiese ontwikkeling, die impak van apartheid en die regering se rol in die hantering van ongelykhede;
Vorme en eienaarskap;
- Bestuurs- en leiersrolle by die huis en by die skool – die bestuur van klasprojekte, die bestuur van die produksieproses;
- Basiese verbruikers- en finansiële vaardighede met die klem op banke, die spaar van geld, spaarsaamheid en begroting;
- Entrepreneurskappe en -praktyk: persoonlike sterk punte en swakhede wanneer iemand ‘n entrepreneur word, en reklameveldtogte om sake ondernemings te bemark.
Lewensvaardigheid en -oriëntering is die holistiese ontwikkeling van die leerders en die toerus van leerders met kennis, vaardighede en waardes. Die leerders word ontwikkel om sodoende hulle volle liggaamlike, intellektuele, persoonlike, emosionele, sosiale en kreatiewe potensiaal te bereik. Die leerders word bemagtig om onafhanklik en effektief die uitdagings van die lewe te hanteer om sodoende ‘n aktiewe en verantwoordelike rol in die omgewing te speel.
Die volgende temas word in LO in Graad 7 gedek:
- Selfontwikkeling in die samelewing
- Die wêreld van werk
- Grondwetlike regte en verantwoordelikhede
- Gesondheids-, sosiale- en omgewingsverantwoordelikheid
- Liggaamlike opvoeding
Die volgende temas word in LV in Gr 4-6, gedek:
- Skeppende kunste
- Persoonlike en Sosiale Welstand
- Liggaamlike opvoeding
Die Tegnologie-leerarea bied aan leerders:
Leer deur probleme op skeppende maniere op te los;
Kombineer dink en doen op ‘n manier wat abstrakte begrip met konkrete begrippe in verband bring;
Voer praktiese projekte uit deur die gebruik van ‘n verskeidenheid tegnologiese vaardighede, ondersoek, ontwerp, maak, evalueer, kommunikeer – wat by verskillende leerstyle pas;
Gebruik kennis op ‘n doelgerigte manier en raak betrokke daarby;
Leer deur vraagstukke met betrekking tot inklusiwiteit, menseregte en maatskaplike en omgewingsake tydens projekwerk direk te hanteer;
Skep meer positiewe houdings, persepsies en aspirasies ten opsigte van tegnologiegerigte loopbane. Die volgende temas word gedek:
- Grafiese kommunikasie
- Hefbome
- Strukture
- Magnetisme
- Herwinning
- Stroombane
- Krukke en katrolle
Verwerking van materiaal vir noodsituasies.
SLAAGVEREISTES
Graad 4 -6
-
Huistaal: Kode 4
-
Eerste Addisionele Taal: Kode 3
-
Wiskunde: Kode 3
-
Enige 2 vakke wat oorbly, word ten minste ‘n kode 3 verwag
-
‘n Leerder het 4 jaar om in hierdie fase te slaag
Graad 7
-
Huistaal: Kode 4 (50-59%)
-
Eerste Addisionele Taal: Kode 3 (40-49%)
-
Wiskunde: Kode 3 (40-49%)
-
Kode 3 in enige 3 van die oorblywende vakke (40-49%)
-
Kode 2 in enige 2 van die oorblywende vakke (30-49%)