GRONDSLAGFASE

Ons skool het toegewyde juffrouens wat kinders soos hul eie behandel. Die kurrikulum vorm die grondslag van die kennis, vaardighede en waardes wat vir leer noodsaaklik is.

DOELSTELLINGS

  • Ons streef na puik onderrig.

  • Leerders moet gelukkig wees.

  • Leerders moet van goeie waardes bewus gemaak word.

  • Ons skep ruimte vir hulp aan leerders.

  • Goeie kommunikasie tussen opvoeder en ouer is baie belangrik.

VAKKE

In die Grondslagfase word 4 vakke aangebied: Huistaal;  Wiskunde;  Lewensvaardighede en Addisionele Taal.

  1. ‘n Geȉntegreerde taalbenadering word gevolg en dit word deur die Storieboom leesreeks ondersteun.
  2. Die volgende vaardighede word ontwikkel:
  • Luister en Praat
  • Lees en Klanke
  • Handskrif
  • Skryf
  1. Integrasie met Lewensvaardigheid ondersteun taalontwikkeling.
  2. Aanvullende leesboeke word aan leerders beskikbaar gestel.

Gr. 1:  Taalontwikkeling word deur luister- en praatvaardighede ondersteun.

Gr. 2:  Konsentreer op praat-, klank- en leesvaardighede.

Gr. 3:  Word deur lees- en skryfvaardighede uitgebrei.

Wiskunde word daagliks onderrig.  Die omvang van hierdie vak word in die volgende 5 konsepte saamgevat:

Getalle, bewerkings en verwantskappe;  Patrone, funksies en algebra;  Ruimte en vorm;  Meting en Datahantering.

  • Die volgende getalgebiede dien as rigsnoer vir progressie:
  1. Gr 1: 0-5-10-15-20
  2. Gr 2: 20-34-74-104
  3. Gr 3: 74-104-1004
  • Aktiwiteite soos tel, hoofrekene en skatting vind daagliks plaas.
  • Flardkaartaktiwiteite, rangskik, tel aan en terug, verdubbeling en halvering, plekwaarde en berekeninge word ontwikkel.
  • Getallekonsepte (bou en ontleed, skat, tel van voorwerpe in verskillende intervalle, getalname en –simbole) word ingeoefen.
  • Daaglikse probleemoplossingsaktiwiteite word aangebied.

Lewensvaardighede rus leerders toe vir ‘n suksesvolle en betekenisvolle lewe in ‘n snelveranderende samelewing.  Die vak ontwikkel vaardighede, kennis, waardes en houdings wat leerders bemagtig om ingeligte besluite te neem en gepas op te tree ten opsigte van:

  • Persoonlike en sosiale ontwikkeling
  • Skeppende en uitvoerende kuns
  • Liggaamlike opvoeding en beweging.

Aan die hand van ‘n assesseringsprogram en –take word terugvoering aan ouers gegee. Kodes (1-7) vir vaardighede word gebruik.

Verskeie maniere waarop gerapporteer word:

  • Formele verslae aan die einde van elke kwartaal.
  • Ouergesprekke
  • Gesprekke op uitnodiging aan die einde van kwartale 1, 2 en 3.

Die rol van die ouer:

  • Inoefeningstake, bv. lees, klanke/woorde skryf.

  • Bystand aan leerders om vasleggingswerk te doen.

  • Huiswerk moet daagliks geteken word.

Inligtingsaand

Vind plaas in leerders se klasse en die volgende word bespreek:

  • ‘n Oorsig oor die akademie wat die jaar gedek word.

  • Klaskamerpraktye om die akademie vlot te laat verloop.

Dit is ons wens dat daar altyd goeie kommunikasie tussen ouer en onderwyser sal wees.