Laerskool Vredenburg bied meer as net sport en kulturuele aktiwiteite aan. Dit wat ons addisioneel bied is vrywillig en versterk ons waardes SELFVERTROUE, RESPEK, INTEGRITEIT, VOORTREFLIKHEID EN BETROKKENHEID en vestig verantwoordelike burgers.

VCSC

Laerskool Vredenburg is trots om te sê dat ons steeds die naam van Jesus verkondig en streef om as Sy kinders te leef.

LANDSDIENS

Laerskool Vredenburg vorm deel van die Landsdiens beweging wat ons ook help om ons leerders meer bewus te maak van die skoonheid rondom ons.
Landsdiens help ons om die volgende aspekte in ons lewe te beoefen: GOD (wat ons help om ons Skepper te waardeer), MEDEMENS (om ons naastes ook lief te hê), ARBEID (om te leer dat jy altyd die vrugte sal pluk van harde werk) asook BODEM (wat verwys na ons moeder aarde).

EKSTRA

Ons skool bied nie self die ander aktiwiteite aan nie, maar hier is nog vele om van te kies; onder andere Dina se dansstudio, Kickboxing en Karate, Gimnastiek en vele meer.