Tydens kwartaal 1 en 4 neem ons skool deel aan somersporte.
By Laerskool Vredenburg glo ons in die goeie holistiese ontwikkeling van u kind.
Somersporte wat deur ons skool aangebied word sluit atletiek, krieket, mini-krieket, swem, tennis, asook tweekamp in. Ons leerders kompeteer selfs op nasionale vlak in hierdei sporte. Dit is egter nie net die leerders nie, maar ook ons onderwysers!
ATLETIEK
Atletiek is een van Laerskool Vredenburg se spogsporte. Ons skool neem op die hoogste vlak deel en lewer jaarliks uitstekende resultate. Ons afrigters en onderwysers is ook jaarliks betrokke by besture tot op nasionale vlak.
Een van ons bekendste atlete sal sekerlik Gezelle Magerman wees.
Die byeenkomste sluit die volgende in:
Weskus (dorp), Saldanhabaai, Wes-Boland Kampioenskappe, Boland Kampioenskappe, Wes-Kaap Kampioenskappe, Cherrylane - Gericke Atletiekbyeenkoms, Bredasdorp Top 10 Atletiekbyeenkoms en die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
SWEM
Laerskool Vredenburg beskik oor ons eie half-olimpiese standaard swembad. Ons swemgeriewe word nie net deur ons swemmers en tweekampatlete gebruik nie, maar ook deur ons MBK (menslike bewegingskunde) opvoeders tydens skoolure.
Ons bied jaarliks twee groot gala's aan wat bygewoon word deur meer as 10 skole.
































