Tydens kwartaal 2 en 3 neem ons skool deel aan wintersporte.
By Laerskool Vredenburg glo ons in die goeie holistiese ontwikkeling van u kind.
Wintersporte wat deur ons skool aangebied word sluit rugby, netbal, hokkie en landloop in. Om ons lyfies gesond te hou tydens die winterseisoen, is dit ideaal vir ons leerders om ten minste aan een wintersport deel te neem. Ons oefentye is van so ‘n aard dat geen sport oorvleuel nie, wat elke leerder die geleentheid ook bied om selfs aan meer as een sportsoort deel te neem.
RUGBY
Laerskool Vredenburg presteer op verskeie vlakke wanneer dit by rugby kom. Ons leerders kry geleenthede om hul volle potensiaal te bereik. Ons speel in ons plaaslike weskusliga, neem deel aan sportdae in die Platteland- en Swartlandstreke en kompeteer selfs teen Kaapse skole. Ons toer graag na Augsburg gimnasium se jaarlikse sporttoernooi asook Riebieeck-Kasteel. Van ons wydste toere sluit Namibië in. Ons het al rugbyspelers op provinsiale vlak opgelewer waarby van ons jongstes Stedman Gans (Blitsbokke) en Ruan Kitshoff (Namibiê kaptein) is.
NETBAL
Netbal word vanaf o/7 tot o/13 afgerig by ons skool. Ons neem deel aan 'n plaaslike weskusliga, Platteland- en Swartlandstreek, asook Kaapse skole. Ons netbal neem jaarliks ook deel aan die Augsburg gimnasium se sporttoernooi.
Ons leerders kry geleentheid aan Weskus- en Weskaapproewe en ons lewer jaarliks spelers van gehalte op.
HOKKIE
Ons skool beskik oor 4 hokkievelde waartydens elke groep gelyktydig kan oefen en speel. Ons bied hokkie aan vir seuns en dogters vanaf 0/8 tot 0/13. Ons speel gemiddeld 10 wedstryde per kwartaal met addisionele toernooie soos Gericke, Worcester Primêr asook 'n Mikro hokkiedag. Ons hokkie neem jaarliks ook deel aan die Wes-Boland en Bolandproewe.